Isak II Angelos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Miniatuurskildery van Isak II uit die 15de eeu.
| |
Eerste bewind | 12 September 1185 - 8 April 1195 |
Voorganger | Andronikos I Komnenos |
Opvolger | Alexios III Angelos |
Tweede bewind | 1 Augustus 1202 - 25 Januarie 1204 |
Voorganger | Alexios III Angelos |
Opvolger | Alexios V Doukas |
Gebore | September 1156 |
Oorlede | 25 Januarie 1204 (op 47) |
Vrou | Irene Palaiologos Margaret van Hongarye |
Vader | Andronikos Doukas Angelos |
Moeder | Euphrosyne Kastamonitissa |
Huis | Angelos |
Godsdiens | Oosters-Ortodoks |
Isak II Angelos (Grieks: Ἰσαάκιος Β’ Ἄγγελος, Isaakios II Angelos; September 1156 - 25 Januarie 1204) was van 1185 tot 1195 keiser van die Bisantynse Ryk, en weer van 1203 tot 1204.
Sy pa, Andronikos Doukas Angelos, was ’n militêre leier in Klein-Asië wat getroud was met Euphrosyne Kastamonitissa. Andronikos was die seun van Konstantyn Angelos en Theodora Komnene, die jongste dogter van keiser Alexios I Komnenos en Irene Doukaina. Isak was dus lid van die uitgebreide Komnenos-familie.